WhatsApp Messenger

WhatsApp Messenger

WhatsApp Messenger: Eenvoudig. Persoonlik. Intyds.
4.4 / 5

  • Varies with device
  • Android Varies with device
  • Everyone
  • 1000000000
  • 1,000,000,000+
WhatsApp Messenger is 'n GRATIS boodskap toepassing, beskikbaar vir Android en ander slimfone. WhatsApp gebruik jou foon se Internet konneksie (4G/3G/2G/EDGE of Wi-Fi, wanneer beskikbaar) wat jou toelaat om vir jou vriende en familie 'n boodskap te stuur of hulle te bel. Skakel oor van SMS na WhatsApp, om boodskappe, oproepe, foto's, video's, dokumente en stemboodskappe te stuur en te ontvang.

HOEKOM WHATSAPP GEBRUIK:

• GEEN FOOIE: WhatsApp gebruik jou foon se Internet konneksie (4G/3G/2G/EDGE of Wi-Fi, wanneer beskikbaar) wat jou toelaat om vir jou vriende en familie 'n boodskap te stuur of hulle te bel, sodat jy nie vir elke boodskap of oproep moet betaal nie.* Daar is geen intekenfooie betaalbaar om WhatsApp te gebruik nie.

• MULTIMEDIA: Stuur en ontvang foto's, video's, dokumente, en Stemboodskappe.

• GRATIS OPROEPE: Bel jou vriende en familie gratis met WhatsApp Oproepe, selfs al is hulle in 'n ander land.* WhatsApp oproepe gebruik jou foon se Internet konneksie in plaas van jou sellulêre plan se minute. (Nota: Data kostes mag van toepassing wees. Kontak jou diensverskaffer vir meer inligting. Jy sal ook nie toegang hê tot 911 en ander nooddienste se nommers deur WhatsApp nie).

• GROEP GESPREK: Geniet gesprekke met jou kontakte sodat jy maklik met jou vriende of familie in verbinding kan bly.

• WHATSAPP WEB: Jy kan ook WhatsApp boodskappe stuur en ontvang , sommer van jou rekenaar se webblaaier af.

• GEEN INTERNASIONALE KOSTES: Daar is geen ekstra koste om WhatsApp boodskappe internasionaal te stuur nie. Gesels met jou vriende regoor die hele wêreld en voorkom internasionale SMS kostes.*

• SÊ NEE VIR GEBRUIKERSNAME EN PINS: Hoekom moeite doen om nog 'n gebruikersnaam of PIN te onthou? WhatsApp werk met jou foonnommer, net soos SMS, en integreer moeiteloos met jou foon se bestaande adresboek.

• ALTYD AANGEMELD: Met WhatsApp, is jy altyd aangemeld sodat jy nooit 'n boodskap mis nie. Geen meer verwarring of jy aangemeld of afgemeld is nie.

• KONNEKTEER VINNIG MET AL JOU KONTAKTE: Jou adresboek word gebruik om jou maklik en vinnig met jou kontakte te konnekteer, wat WhatsApp het, so dit is onnodig om moeilike gebruikersname te onthou en by te voeg.

• VANLYN BOODSKAPPE: Selfs as jy jou foon afskakel of jou kennisgewings mis, sal WhatsApp jou onlangse boodskappe stoor tot die volgende keer wat jy die toepassing gebruik.

• EN BAIE MEER: Deel jou ligging, ruil kontakte uit, stel pasgemaakte muurpapier en kennisgewing klanke in, e-pos gesprek geskiedenis, saai dadelik boodskappe uit na veelvoudige kontakte, en meer!

*Data kostes mag van toepassing wees. Kontak jou diensverskaffer vir inligting.

---------------------------------------------------------
Ons is altyd opgewonde om van jou te hoor! As jy enige terugvoering, vrae of bekommernisse het, e- pos ons asseblief by:

[email protected]

of volg ons op twitter:
http://twitter.com/WhatsApp
@WhatsApp
---------------------------------------------------------